10 vrae aan Hendrik Venter

Hendrik Venter 10 vrae

Die uitvoerende hoof van Griffel Media, Hendrik Venter, moes al onder kwaai kritiek deurloop. Frits Gaum het probeer vasstel wie dié man werklik is.

Continue reading

Posted in Algemeen | Leave a comment

Baie wit Suid-Afrikaners kan hierby baat vind

Die dood van die God van my vaders

Neels Jackson skryf in BEELD oor Nico Smit se boek Die dood van die God van my vaders wat deur Griffel Media uitgegee word.

Die dood van die God van my vaders bevat dr. Nico Smith se vertellinge oor die tyd toe hy en sy vrou in die swart township Mamelodi, net buite die destydse wit Pretoria, gewoon het. Dit was in die 1980’s. Dit was ’n tyd van noodtoestande en onrus.

Smith se boek sou een van die belangrikste boeke van ons tyd kon word, as wit Afrikaners dit maar net sal lees en iets daarvan ter harte neem.

Continue reading

Posted in Algemeen | Leave a comment

‘n Somber gordyn word gelig

johannesdevilliers

Op die aand van 5 Junie 1939 het ’n groep Afrikaanse mense in ’n dorpie in die noorde van die destydse Natal bymekaargekom om dooies uit die graf op te roep.

Die groepie, deel van ’n netwerk mense met vanne soos Rabe, Van Rooyen en Gericke, was ywerige spiritiste wat gereeld in die donker byeenkomste gehou het waar hulle dooies genooi het om met hulle te kommunikeer.

Soms het hulle Pietermaritzburg toe gegaan waar daar ’n groter spiritistebeweging was, maar die meeste van die tyd het hulle in dorpies soos Newcastle of Dundee vergader om met die dooies te kommunikeer.

Op dié betrokke aand was hulle aan huis van ene mev. Lombard, ’n plaaslike medium wat glo ’n besonderse gawe gehad het om in ’n beswyming te gaan en haar liggaam vir geeste se gebruik beskikbaar te stel sodat die dooies deur haar skryfhand boodskappe kon oordra.

Continue reading

Posted in Algemeen | Tagged | Leave a comment

Nuutste boeke in die blik

Boekblik het sopas ‘n hele paar boeke bygevoeg tot hul groeiende voorraad, en is besig om vinnig een van die gewildste aanlyn boekwinkels te word. Dit kan toegeskryf word daaraan dat die verskeidenheid boeke beskikbaar by Boekblik, moeilik verkrygbaar is in die normale handel, asook die flink en persoonlike diens wat elke koper ontvang.

Nuutste boek in die Boekblik:

Agter die somber gordyn, deur Johannes Bertus de Villiers.

In Agter die Somber Gordyn onthul Johannes Bertus de Villiers hoogs interessante en selfs skokkende navorsingsresultate oor ’n vergete subkultuur van Afrikaanse mense wat landwyd in groepies vergader het om deur tafelkloppery en glasie-glasie met dooies kontak te maak. Opspraakwekkende leesgenot!

Die boek is beskikbaar einde Februarie 2011, maar jy kan vooraf ‘n bestelling plaas by Boekblik daarvoor, om sodoende te verseker jy kry jou kopie van hierdie boek. Vooraf bestellings kwalifiseer ook vir ‘n R 50.00 korting op die normale verkoopprys, eksklusief by Boekblik, en spesiale lede ontvang nog ‘n verdere 15% korting.

Posted in Nuutste Boeke | 1 Comment

Hy sal die houe vat – Pik oor biografie

Pik en sy vrou Ina

”Die boek is daar. Dis soos die lewe, dis soos gister. Jy kan dit nie uitvee nie.”
Dit is die reaksie van Pik Botha oor die biografie Pik Botha en sy tyd wat eersdaags op die rakke gaan wees.
“You talk in sound bites my dear,” sê sy vrou Ina en leun oor en druk hom. Continue reading

Posted in Boeke in die nuus | Tagged , | Leave a comment